Geuse (Tagtigjarige Oorlog)

Geusesimboliek op 'n 16e-eeuse pentekening: grys gewaad, geusepenning, swaard, pistool en Turkse snor
Gewel in Brielle

Die Geuse (Nederlands: Geuzen) was aanvanklik Nederlandse edelmanne en teenstanders van die Spaanse koning Filips II. Later het die term spesifiek verwys na die stryders wat te land (die Bosgeuse, soms ook wilde geuse; Nederlands: wilde geuzen, genoem) of te water (Watergeuse; Nederlands: watergeuzen) die Spanjaarde beveg het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search